bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 66
Psalms 66
Afrikaans (NLV) 2011
1
Almal op aarde, juig tot eer van God!
2
Sing tot eer van sy Naam! Gee Hom eer en lof.
3
Sê vir God: “Hoe ontsagwekkend is u werke! U vyande kruip voor u groot mag.
4
Almal op die aarde sal U aanbid; hulle moet sing tot u eer en lofsing tot eer van u Naam.” Sela
5
Kom en kyk wat God gedoen het, sy magtige dade met die mensdom!
6
Die see het Hy verander in ’n droë pad, droogvoets het hulle deur die rivier gegaan. Kom, laat ons jubel oor Hom,
7
Hy wat vir altyd deur sy groot mag regeer. Sy oë is gerig op die nasies. Laat geen opstandeling homself verhef nie. Sela
8
Alle volke, prys ons God en laat sy lof weerklink.
9
Ons lewe, dié hou Hy in stand, ons voete laat Hy nie struikel nie.
10
U het ons beproef, o God, soos silwer ons gesuiwer.
11
U het ons met ’n net gevang, ’n sware las op ons geplaas.
12
U het mense oor ons laat ry, ons deur vuur en vloed laat gaan, en tog gebring waar daar oorvloed is.
13
Met brandoffers kom ek na u tempel; geloftes aan U wil ek betaal,
14
geloftes met eie lippe en mond gesê toe ek diep in moeilikheid was.
15
As brandoffer bring ek die vetste van my vee, as wierook die beste van my ramme. Ook bulle en skape sal ek offer. Sela
16
Kom en luister, dienaars van God, ek sal vertel wat Hy vir my gedoen het.
17
Ek het na Hom om hulp geroep, Hom geprys terwyl ek praat.
18
As ek kwaad in my hart bedink het, sou die Here nie na my luister nie.
19
Maar God het tog geluister; Hy het my gebed verhoor.
20
Loof God wat my gebed nie verwerp het nie en sy troue liefde nie aan my onttrek het nie.
← Chapter 65
Chapter 67 →