bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 47
Psalms 47
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Al julle volke, klap julle hande! Juig voor God met groot gejubel!
3
Want ontsagwekkend is die Here, die Allerhoogste, die groot Koning wat heers oor die hele aarde.
4
Hy onderwerp volke aan ons, maak mense onderhorig aan ons.
5
Hy het vir ons ’n erfdeel gekies, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela
6
God gaan op met groot gejuig, die Here gaan op terwyl die ramshorings blaas.
7
Prys God, prys Hom; prys ons Koning, prys Hom!
8
Want God regeer oor die hele aarde. Sing vir Hom ’n pryslied!
9
God regeer oor die nasies, God sit op sy heilige troon.
10
Die heersers van die volke vergader saam met die volk van die God van Abraham. Die konings van die aarde behoort aan God. Hy is hoog verhewe.
← Chapter 46
Chapter 48 →