bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 46
Psalms 46
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te help.
3
Daarom sal ons nie bang wees nie, al bewe die aarde, al verskuif die berge diep in die see;
4
al bruis en skuim die waters, al skud die berge as die waters styg! Sela
5
Die strome van die rivier bring vreugde in die Godstad, in die heilige woning van die Allerhoogste.
6
God self woon daar; dit sal nie beweeg nie. As die dag breek, sal God kom help.
7
Die nasies rumoer en koninkryke wankel. God praat, en die aarde versmelt.
8
Die Here, die Almagtige, is by ons; ons skuilplek is die God van Jakob. Sela
9
Kom, aanskou die werke van die Here, wat verwoesting bring op die aarde
10
en oorloë beëindig oor die hele aarde. Hy verbreek die boog en vernietig die spies. Die skilde verbrand Hy met vuur.
11
“Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.”
12
Die Here, die Almagtige, is by ons. Ons skuilplek is die God van Jakob. Sela
← Chapter 45
Chapter 47 →