bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 29
Psalms 29
Afrikaans (NLV) 2011
1
Vereer die Here, julle hemelwesens! Vereer die Here vir sy grootheid en krag!
2
Verheerlik die Here oor die heerlikheid van sy Naam! Dien die Here in die grootsheid van sy heiligheid.
3
Die stem van die Here weerklink oor die waters. Die God van heerlikheid donder. Die Here is op die magtige waters.
4
Die stem van die Here is magtig. Die stem van die Here is vol majesteit.
5
Die stem van die Here breek seders. Die Here versplinter die seders van die Libanon.
6
Hy laat die Libanon bokspring soos ’n kalf en die Sirjon soos ’n jong bees.
7
Die stem van die Here tref met weerligstrale.
8
Die stem van die Here laat die woestyn bewe. Die Here laat die Kadeswoestyn bewe.
9
Die stem van die Here laat die ooie lam en stroop die bosse kaal. In sy tempel sê almal: “Heerlikheid!”
10
Die Here regeer oor die watervloed. Die Here heers as koning vir altyd.
11
Die Here gee krag aan sy volk. Die Here seën sy volk met vrede.
← Chapter 28
Chapter 30 →