bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 28
Psalms 28
Afrikaans (NLV) 2011
1
Here, ek roep na U, my Rots. Hou U nie doof vir my nie. Want as U bly swyg, sal ek wees soos hulle wat afdaal na die doderyk.
2
Luister tog na my gebed as ek tot U roep, wanneer ek my hande uitsteek na u allerheiligste toe.
3
Moenie my wegsleep saam met die goddeloses, met hulle wat bose dinge doen nie; wat vriendelik praat met hulle bure, maar in hulle harte is daar kwaadwilligheid.
4
Straf hulle volgens wat hulle doen, volgens hulle bose praktyke. Vergoed hulle volgens hulle dade! Vergeld hulle volgens verdienste.
5
Hulle begryp nie die Here se werk, dit wat sy hande verrig nie. Hy sal hulle afbreek en nie weer opbou nie.
6
Laat die Here geprys word, want Hy het my smekinge gehoor.
7
Die Here is my krag, my beskermer wat ek met my hele hart vertrou. Hy help my en my hart is vol vreugde. Daarom dank ek Hom met my lied.
8
Die Here is ’n sterkte vir sy volk, ’n veilige skuilplek vir sy gesalfde.
9
Red tog u volk en seën hulle wat aan U behoort! Wees vir hulle ’n herder en versorg hulle vir altyd.
← Chapter 27
Chapter 29 →