bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 149
Psalms 149
Afrikaans (NLV) 2011
1
Loof die Here! Sing vir die Here ’n nuwe lied. Sing sy lof in die vergadering van sy getroue dienaars.
2
Laat Israel hom verheug in sy Skepper, laat die inwoners van Sion jubel oor hulle Koning.
3
Laat hulle sy Naam met koordanse loof, begelei deur tamboeryn en harp vir Hom lofliedere sing.
4
Want die Here verbly Hom in sy volk; met sy redding hef Hy die hulpeloses op.
5
Sy troue dienaars juig oor hierdie eer; hulle jubel op hulle beddens.
6
Mag hulle God loof met hulle lippe, met ’n tweesnydende swaard in hulle hande
7
om wraak uit te oefen op die nasies en straf oor die volke,
8
om hulle konings vas te maak met boeie en hulle leiers met ysterkettings,
9
om die oordeel te voltrek wat reeds vasgestel is. Dit is die roem van sy troue dienaars. Prys die Here!
← Chapter 148
Chapter 150 →