bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 148
Psalms 148
Afrikaans (NLV) 2011
1
Prys die Here! Prys die Here vanuit die hemel! Prys Hom in die hoë hemele!
2
Prys Hom, al sy engele, prys Hom, al die hemelse wesens!
3
Prys Hom, son en maan, prys Hom, alle skitterende sterre!
4
Prys Hom, hoogste hemel, en waters bokant die uitspansel!
5
Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel, en dit alles het ontstaan.
6
Hy het hulle gevestig vir altyd. Hy het grense bepaal, en sal dit nooit herroep nie.
7
Prys die Here vanuit die aarde: seemonsters en die diepwaters,
8
weerlig en hael, sneeu en miswolke, stormwind wat Hom gehoorsaam,
9
berge en alle heuwels, vrugtebome en alle seders,
10
wilde diere en al die lewende hawe, kruipende diere en voëls,
11
konings van die aarde en alle volke, heersers en regters van die aarde,
12
jong manne en meisies, grysaards saam met kinders.
13
Laat hulle die Naam van die Here loof. Want net sy Naam is verhewe. Sy majesteit is bo die aarde en hemel.
14
Hy het sy volk sterk gemaak. Dít is die lof van al sy troue dienaars, die volk Israel, wat na aan Hom is. Prys die Here!
← Chapter 147
Chapter 149 →