bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 143
Psalms 143
Afrikaans (NLV) 2011
1
Luister na my gebed, Here! Hoor tog my smeekgebede. Antwoord my, want U is getrou en regverdig.
2
Moenie ’n regsgeding teen u dienaar begin nie, want niemand wat lewe, is voor U onskuldig nie.
3
My vyand agtervolg my, vertrap my teen die grond, hy laat my in duisternis lewe soos dié wat lankal dood is.
4
Ek het moed verloor; ek is stomgeslaan.
5
Ek dink aan die dae, lank gelede. Ek peins oor al u dade, ek oordink die werke van u hande.
6
Ek strek my hande uit na U. Ek dors na U soos ’n verdorde land. Sela
7
Antwoord my tog gou, Here, want ek het moed verloor. Moenie U vir my verberg nie, anders word ek soos dié wat sterf.
8
Laat ek in die oggend hoor van u onfeilbare liefde, want ek vertrou op U. Wys my die pad waarop ek moet loop, want tot U rig ek my gebed.
9
Bevry my van my vyande, Here, want ek skuil by U.
10
Leer my om u wil te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei op ’n pad wat gelyk is.
11
Here, laat my lewe ter wille van u Naam; lei my uit my nood, want U is regverdig.
12
Vernietig my vyande ooreenkomstig u trou; laat al my teenstanders omkom, want ek is u dienaar.
← Chapter 142
Chapter 144 →