bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 114
Psalms 114
Afrikaans (NLV) 2011
1
Toe die Israeliete uit Egipte getrek het, die nageslag van Jakob uit die land met ’n vreemde taal,
2
het Juda God se heiligdom geword en Israel sy koninkryk.
3
Die see het dit gesien en gevlug, die Jordaanrivier het teruggedraai.
4
Berge het soos ramme rondgespring, die heuwels soos lammers.
5
Wat is verkeerd, see, dat jy vlug, Jordaanrivier, dat jy wegdraai,
6
berge, dat julle soos ramme spring, en julle, heuwels, soos lammers?
7
Bewe, aarde, in die teenwoordigheid van die Here, in die teenwoordigheid van die God van Jakob,
8
Hy wat die rots verander na poele water, die vaste rots na fonteine van water.
← Chapter 113
Chapter 115 →