bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 113
Psalms 113
Afrikaans (NLV) 2011
1
Prys die Here! Ja, prys Hom, dienaars van die Here. Prys die Naam van die Here!
2
Geseënd is die Naam van die Here, nou en vir altyd.
3
Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word.
4
Die Here is verhewe bo al die nasies; sy heerlikheid is hoër as die hemele.
5
Wie is soos die Here ons God, Hy wat hoog woon?
6
Hy verneder Homself om te kyk na die hemele en op die aarde.
7
Hy verhef die armes uit die stof en die behoeftiges van die ashoop.
8
Hy plaas hulle by die vernames, by vernames van sy eie volk!
9
Die kinderlose vrou in ’n huis maak Hy ’n gelukkige moeder van kinders. Prys die Here!
← Chapter 112
Chapter 114 →