bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 110
Psalms 110
Afrikaans (NLV) 2011
1
Die Here het vir my heer gesê: “Sit op die ereplek aan my regterkant totdat Ek jou vyande verneder het tot ’n voetbankie onder jou voete.”
2
Uit Sion sal die Here u heerskappy uitbrei; u sal heers oor u vyande.
3
U volk sal as vrywilligers diens doen op die dag van u magsbetoon. Op die heilige berg, wanneer die dag breek, kom u jong manne soos die dou.
4
Die Here het ’n eed afgelê en sal dit nie herroep nie: “Jy is priester vir altyd, volgens die orde van Melgisedek.”
5
Die Here staan aan u regterhand. Op die dag van sy toorn sal Hy konings verpletter.
6
Hy sal die nasies oordeel en hulle dooies sal oral lê. Hy sal hulle leiers verpletter oor die hele aarde.
7
Maar Hy sal Hom verkwik uit die spruite langs die pad, want Hy sal seëvierend wees.
← Chapter 109
Chapter 111 →