bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 99
Psalms 99
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Die Here is Koning, die volke moet bewe, Hy sit op sy troon bokant die gerubs, die aarde moet skud.
2
Die Here is in Sion, Hy is groot en Hy regeer oor al die volke.
3
Here, hulle moet u groot Naam prys. Almal moet u Naam respekteer, u Naam is heilig.
4
U is die sterk Koning, U wil hê dat mense reg moet oordeel. U het gesê hulle moet in die land Israel reg doen aan almal. Hulle moet reg oordeel en hulle moet reg doen aan ander mense.
5
Julle moet ons God die Here prys, julle moet voor Hom buig, Hy is heilig.
6
Moses en Aäron was twee van sy priesters, en Samuel was een van die mense wat tot Hom gebid het. Hulle het tot die Here gebid, en Hy het hulle geantwoord.
7
Hy het met hulle gepraat uit 'n wolk, hulle was gehoorsaam aan die wette wat Hy vir hulle gegee het.
8
Ons God die Here, U het hulle geantwoord, U was 'n God wat mense se sondes vergewe het, maar U het hulle ook gestraf oor die dinge wat hulle gedoen het.
9
Julle moet ons God die Here prys, julle moet buig by sy gewyde berg, want ons God die Here is heilig.
← Chapter 98
Chapter 100 →