bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 83
Psalms 83
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied. 'n Psalm. Van Asaf.
2
O God, U moenie stilbly nie, U moenie maak of U niks hoor nie, U moet iets doen.
3
Want luister, u vyande raas, die volke wat nie vir U wil dien nie, dink hulle kan doen wat hulle wil.
4
Hulle maak slim planne teen u volk, hulle praat oor wat hulle wil doen teen die mense vir wie U beskerm.
5
Hulle sê: “Kom ons maak hulle almal dood sodat hulle nie meer 'n volk is nie en sodat niemand die naam Israel sal onthou nie.”
6
Ja, hulle besluit almal saam oor hulle planne, hulle maak 'n ooreenkoms, en die planne wat hulle maak, is teen U.
7
Die vyande is die Edomiete, die Ismaeliete, die mense van Moab en die Hagreërs,
8
die mense van Gebal en Ammon en Amalek, die Filistyne saam met die mense wat in Tirus woon.
9
Die mense van Assirië is ook saam met hulle, hulle help die kinders van Lot en maak hulle sterk. Sela
10
U moet met hulle doen soos U met die Midianiete gedoen het, soos met Sisera, soos met Jabin by die Kison-rivier.
11
Hulle het gesterf by En-Dor, hulle lyke het op die grond gelê en vrot.
12
U moet met hulle leiers doen soos U gedoen het met Oreb en Seëb. U moet al hulle leiers laat sterf soos Sebag en Salmunna.
13
Hulle is die mense wat gesê het: “Kom ons vat die land van God vir onsself.”
14
My God, U moet ons vyande soos tolbosse maak, soos kaf wat wegwaai voor die wind.
15
[15-16] U moet hulle volg en jaag met u stormwind soos vuur 'n bos laat brand, en soos 'n vuur berge aan die brand steek. U moet hulle skrikmaak met 'n wind wat alles wegwaai.
16
***
17
U moet hulle laat besef dat hulle sal verloor, sodat hulle sal weet wie U is.
18
U moet hulle laat besef dat hulle nie kan wen nie, hulle moenie ophou skrik nie, dit moet so sleg gaan met hulle dat hulle sterf.
19
Hulle moet besef dat U die Hoogste God oor die hele aarde is, net U is God, u Naam is Here.
← Chapter 82
Chapter 84 →