bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 82
Psalms 82
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Psalm. Van Asaf. God het op sy troon gaan sit in die vergadering van die gode, Hy, die Regter, het vir die gode gesê wat Hy besluit het.
2
Hy het gesê: “Hoe lank wil julle nog onregverdig oordeel en sê die mense wat verkeerd doen, is nie verkeerd nie? Sela
3
Julle moet reg doen aan arm mense en aan mense wat niemand het wat hulle kan help nie. Julle moet sê wanneer iemand reg is, ook iemand wat homself nie kan help nie, of iemand wat niks het nie.
4
Julle moet mense vrymaak wat arm is en niks het nie, julle moet hulle red van mense wat verkeerd doen.
5
“Maar julle weet niks, julle verstaan niks, julle doen net slegte dinge, dinge van die donker, en daarom word almal in die wêreld slegter.
6
Ek het gesê julle is gode, julle is almal engele van die Hoogste God.
7
Maar nou sê Ek: Julle sal sterwe soos mense, julle sal doodgaan soos die mense wat regeer.”
8
O God, U moet self die mense van die aarde oordeel, want al die volke behoort aan U.
← Chapter 81
Chapter 83 →