bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 150
Psalms 150
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Julle moet die Here prys! Julle moet God prys in sy tempel, julle moet Hom prys onder sy sterk hemeldak.
2
Julle moet Hom prys omdat Hy groot dinge gedoen het, julle moet Hom prys, want Hy is baie groot.
3
Julle moet die ramshorings blaas, julle moet die Here prys. Julle moet op die harpe en die liere speel, julle moet die Here prys.
4
Julle moet op die tamboeryne slaan en julle moet dans, julle moet die Here prys. Julle moet snaarmusiek maak en julle moet die fluite blaas, julle moet die Here prys.
5
Julle moet die simbale teen mekaar slaan, almal moet dit hoor, dit moet raas.
6
Alles wat lewe, moet die Here prys. Julle moet die Here prys!
← Chapter 149