bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 149
Psalms 149
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Julle moet die Here prys! Julle moet vir die Here 'n nuwe lied sing, julle moet Hom prys waar die mense bymekaar is wat in Hom glo.
2
Die mense van Israel moet wys dat hulle bly is omdat die Here hulle gemaak het. Die mense van Sion moet juig omdat die Here hulle Koning is.
3
Hulle moet dans en sy Naam prys, hulle moet vir Hom musiek maak met die tamboeryn en die lier.
4
Want die Here is lief vir sy volk, Hy laat die mense wen wat hulleself nie kan help nie, Hy sit 'n kransie op hulle kop.
5
Die mense wat in die Here glo, moet juig omdat hulle gewen het, hulle moet sing, ook wanneer hulle op hulle beddens lê.
6
Hulle moet aanhou om God te prys, maar hulle moet skerp swaarde in hulle hande hê
7
sodat hulle die volke kan straf, sodat hulle met die volke kan doen wat die volke met húlle gedoen het.
8
Hulle moet die konings vasmaak met kettings, hulle moet die belangrike mense van die volke vasmaak met yster-boeie.
9
Hulle moet met die konings doen wat die Regter besluit het en geskryf het. Die volke sal die mense respekteer wat in die Here glo. Julle moet die Here prys!
← Chapter 148
Chapter 150 →