bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 143
Psalms 143
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Psalm. Van Dawid. Here, U moet luister na my gebed, U bly dieselfde, U moet hoor wanneer ek soebat. U doen altyd reg, U moet my antwoord.
2
U moenie vir my, u dienaar, oordeel nie, want niemand is onskuldig wanneer hy voor U staan nie.
3
My vyande jaag my, hulle trap my in die grond in, hulle laat my in die donker sit soos iemand wat lank gelede dood is.
4
Ek is moedeloos en ontsteld.
5
Ek dink aan lank gelede, ek dink oor alles wat U gedoen het, ek dink oor alles wat U gemaak het.
6
Ek steek my hande uit na U, ek verlang na U soos 'n droë land verlang na water. Sela
7
Here, U moet my gou antwoord, ek verlang baie na U. U moet kyk hoe dit met my gaan, ek is soos iemand wat besig is om te sterf.
8
U moet elke oggend vir my sê dat U sal doen wat U belowe het, want ek glo dat U my sal help, nét U sal help. U moet vir my sê hoe ek moet lewe, ja, ek bid en vra dit vir U, nét vir U.
9
Here, U moet my red van my vyande, ek vra dat U my moet beskerm.
10
U moet vir my leer om te doen wat U wil hê, want dit is Ú wat my God is. U is goed, U moet my op 'n gelyk pad laat loop.
11
Here, ek behoort aan U, U moet my laat aanhou lewe. U doen altyd reg, U moet my vrymaak, want ek kry baie swaar.
12
U doen altyd wat U belowe het, U moet my vyande vir altyd stilmaak, U moet hulle doodmaak, want ek is u dienaar.
← Chapter 142
Chapter 144 →