bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 142
Psalms 142
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied. Van Dawid, toe hy in die grot was. 'n Gebed.
2
Ek roep en ek vra dat die Here my moet help, ek bid dat die Here genadig moet wees vir my.
3
Ek wil by die Here kla, ek wil vir Hom vertel hoe sleg dit met my gaan.
4
Wanneer ek moedeloos word, dan is dit U wat weet wat met my gebeur. My vyande het vir my 'n vangnet styfgetrek op die pad waar ek loop.
5
Wanneer ek langs my kyk, dan is daar niemand wat van my weet nie. Daar is nie 'n plek waarnatoe ek kan vlug nie, niemand is bekommerd oor my nie.
6
Here, ek bid tot U, help my asseblief, dit is U wat my moet beskerm, ek het net vir U in hierdie lewe.
7
U moet luister wanneer ek bid, want dit gaan baie sleg met my. U moet my red van die mense wat my jaag, want hulle is te sterk vir my.
8
U moet my uithaal uit die tronk, dan sal ek vir U dankie sê, en die mense wat reg lewe, sal rondom my kom staan omdat U goed was vir my.
← Chapter 141
Chapter 143 →