bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 133
Psalms 133
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Dawid. Julle moet dit weet: Dit is goed, dit is mooi wanneer broers in vrede saam woon.
2
Dit is soos wanneer goeie olyf-olie afloop van die kop tot op die baard, die baard van Aäron, en dan verder afloop op die kraag van sy klere.
3
Dit is soos die dou van Hermon-berg wat afloop tot op die Sion-berge. Want daar op die Sion-berge het die Here sy volk geseën, Hy het vir hulle die lewe gegee wat altyd aanhou.
← Chapter 132
Chapter 134 →