bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 114
Psalms 114
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Toe die volk Israel uit Egipte weggetrek het, toe die nageslag van Jakob weggegaan het van die volk wat die vreemde taal praat,
2
toe het Juda die plek geword waar die tempel staan, en Israel het die land geword waaroor die Here regeer.
3
Die see het dit gesien en hy het gevlug, die Jordaan-rivier het weggedraai.
4
Die berge het gespring soos skaap-ramme, die heuwels het gespring soos lammers.
5
See, hoekom vlug jy? Jordaan-rivier, hoekom draai jy weg?
6
Berge, hoekom spring julle soos skaap-ramme? Heuwels, hoekom spring julle soos lammers?
7
Die aarde moet bewe wanneer die Here kom, wanneer die God van Jakob kom.
8
Dit is Hý wat rotse verander het, dit het watergate geword, Hy het harde klippe verander, dit het water-fonteine geword.
← Chapter 113
Chapter 115 →