bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 113
Psalms 113
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Julle moet die Here prys! Dienaars van die Here, julle moet Hom prys, julle moet die Naam van die Here prys.
2
Almal moet die Naam van die Here prys, nou en altyd.
3
Almal moet die Naam van die Here prys, van waar die son opkom tot waar hy ondergaan.
4
Die Here is hoog bo die volke, Hy is Koning van die hemel.
5
Wie is soos ons God die Here? Hy sit hoog op sy troon,
6
en Hy buig af om die hemel en die aarde te sien.
7
Die Here tel die mens op uit die stof, die mens wat niks het nie. Hy laat die arm mens opstaan van die ashoop,
8
en Hy laat hom sit by die belangrike mense, by die belangrike mense van sy volk.
9
Wanneer 'n vrou nie kinders het nie, dan laat die Here haar 'n gelukkige ma word, en sy het haar eie huisgesin. Julle moet die Here prys.
← Chapter 112
Chapter 114 →