bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 101
Psalms 101
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
1
Van Dawid. 'n Psalm. Here, ek wil sing oor U wat altyd doen wat U belowe, oor U wat altyd reg oordeel. Ek wil vir U sing.
2
Ek wil weet hoe om heeltemal reg te lewe. Wanneer kom U na my toe? Ek wil heeltemal reg lewe in my huis.
3
Ek wil niks doen wat sleg is nie. Ek haat die dinge wat mense doen wat nie reg lewe nie. Ek wil nie daardie dinge doen nie.
4
Ek wil nie vals wees nie, ek wil niks doen wat verkeerd is nie.
5
Ek sal die mense stilmaak wat slegte dinge sê oor ander mense wat dit nie hoor nie. Ek sal nie vriende wees met iemand wat hoogmoedig is nie, met iemand wat nie nederig is nie.
6
Ek sal net mense in die land kies wat ek kan glo, mense wat heeltemal reg lewe, net húlle mag vir my werk.
7
In my huis mag niemand woon wat vir ander mense bedrieg nie. Niemand wat leuens vertel, mag vir my werk nie.
8
Ek sal elke oggend almal in die land wat verkeerde dinge doen, vir altyd stilmaak. Ek sal die mense wat slegte dinge doen, laat verdwyn uit die stad van die Here.
← Chapter 100
Chapter 102 →