bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 76
Psalms 76
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Psalm. Van Asaf. 'n Lied.
2
God is in Juda bekend, in Israel is sy Naam groot.
3
In Salem was sy hut, sy skuilplek in Sion.
4
Daar het Hy brandpyle uit die boog, skild en swaard en steekspies, stukkend gebreek.
5
Stralend was U, magtiger as die berge wat die prooi moes wees.
6
Dié met dapper harte het self die buit geword; hulle het die ewige slaap ingegaan. Nie een van die bekwame manne kon 'n hand lig nie.
7
Vanweë u dreiging, o God van Jakob, het die bemanning van strydwaens en die perde in 'n beswyming geraak.
8
U – ontsagwekkend is U! Wie kan voor U bly staan wanneer U toornig is?
9
Uit die hemel het U die oordeel aangekondig. Die aarde het gevrees en stil geword
10
toe God opstaan om die vonnis te vel, om al die verdruktes van die land te verlos.
11
Ja, die woede teen mense strek U tot lof; met die oorblyfsel van die woedebuie omgord U Uself.
12
Lê geloftes af aan die Here julle God, en kom dit na. Almal wat rondom Hom is, moet geskenke bring vir die Ontsagwekkende.
13
Hy ontneem •leiers die moed – Hy wat vreesaanjaend is vir die konings van die aarde.
← Chapter 75
Chapter 77 →