bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 75
Psalms 75
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Op “Moenie verwoes nie.” 'n Psalm. Van Asaf. 'n Lied.
2
Ons prys U, o God, ons prys U; u Naam is naby. Mense vertel van u wonderwerke.
3
God sê: “Wanneer die tyd aanbreek wat Ek bepaal het, sal Ek self met billikheid oordeel.
4
Die aarde en al sy bewoners kan wankel – Ek self het sy pilare gevestig.”
5
Vir verwaande mense sê ek: “Moenie verwaand wees nie.” Vir die goddeloses: “Moenie horings oplig nie.
6
Moenie julle horings teen die hemel lig nie; moenie verwaand, met 'n stywe nek, praat nie.
7
Want verheffing kom nie van waar die son opkom of van waar dit ondergaan nie, en ook nie van die woestyn af nie.
8
Nee, God is regter: Die een verneder Hy, die ander verhef Hy.”
9
Ja, daar is 'n beker in die hand van die Here met wyn wat gegis het en vol kruie is. Hy skink daaruit. Al die goddeloses van die aarde sal dit moet drink, dit tot die droesem moet ledig.
10
En ek, ek sal dit altyd verkondig, ek sal die God van Jakob besing, wat sê:
11
“Al die horings van goddeloses sal Ek afbreek, maar die horings van regverdiges sal opgelig word.”
← Chapter 74
Chapter 76 →