bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 61
Psalms 61
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Met snarespel. Van Dawid.
2
Hoor my klaagroep, o God, luister aandagtig na my gebed.
3
Van die einde van die aarde roep ek na U, wanneer my moed my begewe. Lei my na 'n rots wat vir my te hoog is;
4
want U is vir my 'n skuilplek, 'n versterkte toring teen die vyand.
5
Ek wil vir altyd in u tent vertoef, ek wil skuil onder die beskutting van u vlerke.
6
U is immers die Een wat luister na my geloftes, o God; U gee 'n erfdeel aan hulle wat vir u Naam ontsag het.
7
Vermeerder tog die dae van die koning se lewe, mag sy lewensjare geslagte lank duur,
8
mag hy altyd voor God regeer. Voorsien toewyding en waarheid, laat dit oor hom wag hou!
9
Só wil ek u Naam vir altyd besing, om my geloftes dag ná dag te betaal.
← Chapter 60
Chapter 62 →