bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 60
Psalms 60
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Op “Narsing van getuienis”. 'n Miktaam. Van Dawid. Om te onderrig.
2
Toe hy geveg het teen Aram-Naharajim en Aram-Soba, en Joab teruggekeer en twaalfduisend Edomiete in die Soutvallei verslaan het.
3
O God, U het ons verstoot, ons uitmekaar geslaan. U was toornig. Herstel ons!
4
U het die land geskud, dit oopgekloof. Maak sy breuke heel, want dit wankel.
5
U het u volk moeilike tye laat beleef; U het ons wyn laat drink wat ons laat steier.
6
U het aan hulle wat vir U ontsag het, 'n banier gegee waaronder hulle byeen kan kom, weg van die boogskutters.
7
Sodat u geliefdes gered kan word – verlos tog met u regterhand en antwoord ons!
8
God self het in sy heiligdom verklaar: “Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel, die vallei van Sukkot gaan Ek afmeet.
9
Aan My behoort Gilead, aan My Manasse; Efraim is 'n beskutting vir my kop, Juda is my heerserstaf.
10
Moab is my waskom, op Edom gooi Ek my sandaal; oor My moet jy juig, Filistea.”
11
Wie sal my bring na 'n versterkte stad? Wie sal my lei tot by Edom?
12
Is dit nie U, o God, wat ons verstoot het nie? U, o God, trek nie meer saam met ons leërs uit nie.
13
Kom ons te hulp teen teenstanders – die hulp van mense is nutteloos.
14
Met God tree ons dapper op – Hý sal ons teenstanders vertrap.
← Chapter 59
Chapter 61 →