bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 48
Psalms 48
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Lied. 'n Psalm. Van die Koragiete.
2
Groot is die Here en besonder lofwaardig in die stad van ons God, sy •heilige berg.
3
Indrukwekkend hoog, 'n vreugde vir die hele land is die berg Sion in die verre noorde van die stad van die groot Koning.
4
God is in die vestings van die stad. Hy is bekend as 'n toevlugsoord.
5
Want kyk, die konings het byeengekom, hulle het saam opgetrek.
6
Die oomblik toe hulle dit sien, was hulle stomgeslaan; verskrik het hulle op die vlug geslaan.
7
Vrees het hulle daar beetgepak, angs, soos 'n vrou wat geboorte gee.
8
Met 'n oostewind het U handelskepe stukkend gebreek.
9
Wat ons gehoor het, het ons ook ervaar in die stad van die Here, Heerser oor alle magte, in die stad van ons God: God het haar gevestig vir altyd.
10
In u •tempel, o God, dink ons na oor u troue liefde.
11
Soos u Naam, o God, so strek u lof tot aan die eindes van die aarde, u regterhand is vol •geregtigheid.
12
Die berg Sion is verheug, die dogters van Juda juig oor u beslissings.
13
Loop rondom Sion, gaan reg rondom haar; tel haar torings,
14
kyk goed na haar verdedigingswal, bekyk haar vesting, sodat julle dit vir die toekomstige geslag kan vertel:
15
Ja, hierdie God is ons God vir altyd en ewig; Hý sal ons lei vir ewig.
← Chapter 47
Chapter 49 →