bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 47
Psalms 47
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.
2
Al julle volke, klap hande! Juig tot eer van God met jubelkrete!
3
Want die Here, die Allerhoogste, is ontsagwekkend, 'n groot koning oor die hele aarde.
4
Hy onderwerp volke aan ons, nasies onder ons voete.
5
Hy kies vir ons ons erfgrond, die trots van Jakob, wat Hy liefhet.
6
Onder gejuig bestyg God die troon, die Here bestyg dit onder die geluid van 'n •ramshoring.
7
Besing God, besing Hom! Besing ons koning, besing Hom!
8
Want God is die koning van die hele aarde; sing 'n lied wat onderrig.
9
God regeer oor nasies, God sit op sy •heilige troon.
10
Die vooraanstaandes van volke kom bymekaar by die God van Abraham, want aan God behoort die skilde van die aarde. Hy is hoog verhewe.
← Chapter 46
Chapter 48 →