bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 29
Psalms 29
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Psalm. Van Dawid. Gee eer aan die Here, godeseuns! Gee eer aan die Here vir sy heerlikheid en krag!
2
Gee eer aan die Here vir die heerlikheid van sy Naam! Buig in aanbidding voor die Here in sy glansryke heiligheid.
3
Die stem van die Here is oor die waters, die God van heerlikheid laat dit dreun, die Here is bo die magtige waters,
4
die stem van die Here is kragtig, die stem van die Here is glansryk.
5
Die stem van die Here breek seders, die Here versplinter die seders van die Libanon.
6
Hy laat hulle bokspring soos 'n kalf, Libanon en Sirjon soos jong buffels.
7
Die stem van die Here splyt rotse met vlamme.
8
Die stem van die Here laat die woestyn bewe, die Here laat die woestyn by Kades bewe.
9
Die stem van die Here laat wildsbokke lam, dit stroop bosse kaal. Sy hele paleis sê: “Heerlikheid!”
10
Die Here troon oor die vloed, ja, die Here troon as koning vir ewig.
11
Die Here gee krag aan sy volk, die Here seën sy volk met vrede.
← Chapter 28
Chapter 30 →