bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 28
Psalms 28
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Van Dawid. Na U, Here, roep ek! My Rots, moet U nie vir my doof hou nie, sodat ek nie, wanneer U teenoor my sou swyg, word soos dié wat in die put afdaal nie.
2
Luister na my smeekgebed, as ek na U om hulp roep, as ek my hande uitstrek na die heiligste deel van u heiligdom.
3
Moet my nie wegvoer saam met goddeloses nie – mense wat onreg pleeg, wat oor vrede praat met hulle naaste terwyl daar kwaad in hulle harte is.
4
Vergeld hulle ooreenkomstig hulle dade, hulle bose optrede; vergeld hulle vir hulle handewerk, gee hulle hulle verdiende loon.
5
Omdat hulle nie ag slaan op die Here se dade en op sy handewerk nie, sal Hy hulle afbreek en nie opbou nie.
6
Die Here moet geprys word, want Hy het na my smeekgebed geluister.
7
Die Here is my krag en my skild; op Hom vertrou my hart. Ja, ek het hulp ontvang en my hart jubel, met my lied wil ek Hom prys:
8
“Die Here is vir sy volk 'n krag. Hy is die toevlug van verlossing vir sy gesalfde.
9
“Verlos tog u volk en seën u erfdeel; wees vir hulle 'n herder en dra hulle vir altyd!”
← Chapter 27
Chapter 29 →