bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 24
Psalms 24
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Van Dawid. 'n Psalm. Aan die Here behoort die aarde en die volheid daarvan, die wêreld en dié wat daarin woon,
2
want Hy het dit op oseane gegrond en op strome gevestig.
3
Wie mag teen die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom staan?
4
Die mens met skoon hande en 'n rein hart wat nie na nietigheid hunker en nie sweer by wat vals is nie,
5
sal seën ontvang van die Here en •geregtigheid van die God wat hom red –
6
dit is die geslag wat na Hom soek, hulle wat u teenwoordigheid opsoek, dit is Jakob.
7
Lig op julle koppe, poorte, ja, lig julleself op, ewige ingange, sodat die roemryke Koning kan ingaan.
8
Wie is hierdie roemryke Koning? Die Here, magtig en heldhaftig, die Here, heldhaftig in die stryd.
9
Lig op julle koppe, poorte, ja, lig op, ewige ingange, sodat die roemryke Koning kan ingaan.
10
Wie is Hy, hierdie roemryke Koning? Die Here, Heerser oor alle magte, Hý is die roemryke Koning.
← Chapter 23
Chapter 25 →