bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 23
Psalms 23
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Psalm. Van Dawid. Die Here is my herder; ek ly nie gebrek nie.
2
In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my.
3
Hy gee my nuwe lewenskrag; Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam.
4
Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan, is ek nie bang vir gevaar nie, want U is by my. Dit is u staf en u stok wat my gerusstel.
5
U dek vir my 'n tafel voor die oë van my teenstanders. U verfris my kop met olie; my beker loop oor.
6
Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal terugkeer na die huis van die Here, tot in lengte van dae.
← Chapter 22
Chapter 24 →