bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 143
Psalms 143
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Psalm. Van Dawid. Here, hoor my gebed, luister na my smeekgebed; antwoord my in u trou, in u geregtigheid.
2
Moet net nie u dienskneg voor die gereg daag nie; want niemand wat leef, is voor U regverdig nie.
3
Ja, vyande agtervolg my, hulle verpletter my lewe teen die grond; hulle laat my woon in donker plekke, soos mense wat lankal dood is.
4
My gees in my weifel; in my binneste is my hart verbyster.
5
Ek dink aan dae lank gelede, ek mymer oor al u dade; oor die werk van u hande dink ek na.
6
Ek strek my hande uit na U; my diepste wese smag na U soos dor grond.
7
U moet my gou antwoord, Here; my gees is gedaan. Moet tog nie u gesig vir my verberg nie; dan word ek net soos hulle wat in die put afdaal.
8
Laat my in die môre van u troue liefde hoor, want op U vertrou ek. Wys my die pad wat ek moet loop, want na U is my verlange.
9
Red my van my vyande, Here; na U vlug ek.
10
Leer my om te doen wat vir U aanvaarbaar is, want U is my God. U goeie Gees moet my lei op gelyk grond.
11
Ter wille van u Naam, Here, moet U my in die lewe hou; deur u regverdige optrede moet U my uitlei uit die nood;
12
en in u troue liefde moet U my vyande vernietig. Maak almal tot niet wat my lewe bedreig, want ek is u dienskneg.
← Chapter 142
Chapter 144 →