bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 142
Psalms 142
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n Maskiel. Van Dawid. Toe hy in die grot was. 'n Gebed.
2
Na die Here roep ek hardop om hulp; by die Here pleit ek hardop om genade.
3
Ek stort voor Hom my klag uit; voor Hom maak ek my nood bekend.
4
Wanneer my gees in my begin weifel, is dit U wat my pad ken. Op die pad wat ek moet loop, het hulle in die geheim 'n vangnet vir my gespan.
5
As ek regs kyk, sien ek niemand is my goedgesind nie. 'n Skuilplek is vir my verlore; niemand is begaan oor my lewe nie.
6
Ek roep na U om hulp, Here. Ek sê: “U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.
7
Gee tog aandag aan my klaagroep, want ek is baie nietig. Red my van my vervolgers, want hulle is te sterk vir my.
8
Lei my uit gevangenskap, sodat ek u Naam kan prys. Regverdiges sal om my saamkom as U aan my goed doen.”
← Chapter 141
Chapter 143 →