bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 132
Psalms 132
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n •Pelgrimslied. Dink tog, Here, aan Dawid, aan al sy opofferings,
2
hy wat teenoor die Here 'n eed gesweer het, 'n gelofte afgelê het aan die Magtige van Jakob:
3
“Ek sal nie ingaan in die tent waar ek woon; ek sal nie op my slaapbank gaan lê nie,
4
ek sal my oë nie toelaat om te slaap, my ooglede om in te sluimer nie,
5
totdat ek vir die Here 'n plek gevind het, 'n woning vir die Magtige van Jakob.”
6
Kyk, ons het daarvan gehoor in Efrata, dit gevind in die velde van Jaär.
7
Laat ons sy woning binnegaan en in aanbidding buig voor die voetbank vir sy voete.
8
Staan op, Here, gaan na u rusplek, U en u magtige •ark.
9
U priesters moet geklee wees in •geregtigheid, u troue volgelinge moet jubel.
10
Ter wille van u dienskneg Dawid, moet U tog nie u gesalfde wegwys nie.
11
Die Here het vir Dawid 'n betroubare eed afgelê en Hy sal dit nie herroep nie: “Van jou nasate sal Ek op jou troon plaas.
12
As jou seuns my verbond nakom en my bepalings wat Ek hulle leer, sal ook húlle seuns vir altyd op jou troon sit.”
13
Ja, die Here het Sion uitgekies; Hy begeer dit as sy woonplek:
14
“Dit is my rusplek vir altyd; hier wil Ek woon, want Ek begeer dit.
15
Sion se voedselvoorraad sal Ek ryklik seën; haar behoeftiges sal Ek met brood versadig;
16
haar priesters sal Ek met verlossing beklee en haar troue volgelinge sal uitbundig juig.
17
Daar sal Ek vir Dawid 'n horing laat uitgroei; Ek het 'n lamp gereedgemaak vir my gesalfde.
18
Sy vyande sal Ek met skande beklee, maar sy kroon sal op hom skitter.”
← Chapter 131
Chapter 133 →