bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 101
Psalms 101
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Van Dawid. 'n Psalm. Oor troue liefde en oor regspraak wil ek sing; U, Here, wil ek besing.
2
Ek wil my toespits op 'n onberispelike lewenswyse. Wanneer sal ek dit bereik? Ek sal met 'n opregte hart leef in my huis.
3
Ek sal nie iets boos voor my oë verdra nie. In die pleeg van wandade het ek 'n weersin; dit mag nie aan my kleef nie.
4
'n Vals hart moet van my wegbly; van boosheid wil ek niks weet nie.
5
Wie sy medemens in die geheim belaster, hom sal ek vernietig. Hovaardige oë en 'n hoogmoedige hart, dit kan ek nie verdra nie.
6
Ek is op die uitkyk vir betroubares in die land, sodat hulle by my kan bly; wie 'n onberispelike lewenswyse handhaaf, hulle mag my dien.
7
Daar sal niemand in my huis woon wat bedrog pleeg nie. Wie leuens vertel, sal nie voor my oë standhou nie.
8
Elke môre sal ek al die goddeloses in die land vernietig, om so almal wat onreg pleeg, uit die stad van die Here uit te roei.
← Chapter 100
Chapter 102 →