bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Job 26
Job 26
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Job het hierop gereageer en gesê:
2
“Hoe het jy nie die kragtelose te hulp gekom nie, die arm van die een wat nie krag oor het nie, gehelp!
3
Hoe het jy nie raad gegee aan die onwyse, en vindingrykheid in oormaat geopenbaar nie!
4
Met wie se hulp het jy die woorde meegedeel, en wie se asem het uit jou na vore gekom?
5
“ Die skimme krimp ineen – dié wat onder die water is, en dié wat daarin woon.
6
Die •doderyk staan naak voor Hom; daar is geen bedekking vir die onderwêreld nie –
7
voor Hom wat die noorde oopspan oor die niet, wat die aarde ophang aan niks;
8
wat die waters in sy wolke saambind, sonder dat die wolkmassa daarvan oopskeur;
9
Hy wat die aansig van die troon versper deur sy wolkmassa daaroor uit te sprei.
10
Hy het sirkelvormig 'n grens getrek oor die oppervlakte van die water tot waar lig by donker eindig.
11
Die pilare van die hemel wankel en staan verslae deur sy dreiging.
12
Deur sy krag het Hy die see laat bedaar, deur sy insig het Hy Rahab verbrysel.
13
Deur sy asem maak Hy die hemel helder; sy hand deurboor die vinnige slang.
14
Kyk, dit is maar net die buitelyne van sy weë. Wat ons van Hom hoor, is maar 'n gefluisterde woord. Sy donderende krag – wie begryp dit?”
← Chapter 25
Chapter 27 →