bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Job 25
Job 25
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Bildad uit Suag het hierop gereageer en gesê:
2
“ Om te heers en vrees in te boesem, is eie aan God, Hy wat vrede handhaaf in sy hoë hemele.
3
Kan die getal van sy troepe vasgestel word? Oor wie gaan sy lig nie op nie?
4
Hoe kan 'n sterfling dan regverdig wees voor God? Hoe kan iemand uit 'n vrou gebore, rein wees?
5
Kyk, in sy oë is selfs die maan nie helder en die sterre nie rein nie,
6
hoeveel minder nog 'n sterfling, 'n maaier, 'n mensekind, 'n wurm!”
← Chapter 24
Chapter 26 →