bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 99
Psalms 99
Afrikaans 1983
1
Die Here regeer: die volke erken bewend sy gesag. Hy troon oor die gerubs: die aarde sidder van ontsag.
2
Groot is die Here, Hy wat in Sion is, hoog verhewe bo al die volke.
3
Hulle moet u groot en gevreesde Naam prys: “U is heilig!”
4
U is die magtige Koning, U het die reg lief; wat reg is, het U tot stand gebring. U het reg en geregtigheid in Jakob gevestig.
5
Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig!
6
Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het. Hulle het die Here aangeroep en Hy het hulle gebed verhoor.
7
In 'n wolkkolom het God met hulle gepraat, en hulle het sy voorskrifte gehoorsaam, die opdragte wat Hy hulle gegee het.
8
Here ons God, U het hulle gebede verhoor. U was vir hulle 'n vergewende God, maar Een wat ook hulle sondes gestraf het.
9
Prys die Here ons God, buig voor Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig.
← Chapter 98
Chapter 100 →