bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 98
Psalms 98
Afrikaans 1983
1
'n Psalm. Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin.
2
Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar.
3
Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig; die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het.
4
Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing!
5
Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing.
6
Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot eer van die Here, die Koning.
7
Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig,
8
die riviere moet hande klap, die berge moet saam juig
9
voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.
← Chapter 97
Chapter 99 →