bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 96
Psalms 96
Afrikaans 1983
1
Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde!
2
Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade!
3
Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade.
4
Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode.
5
Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het.
6
Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en glans vul sy heiligdom.
7
Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag!
8
Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers!
9
Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde.
10
Verkondig onder die nasies: “Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volke regverdig oordeel.”
11
Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, die see en alles daarin moet druis,
12
die veld en alles daarop moet jubel, al die bome in die bos moet hulle verheug
13
voor die Here, want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.
← Chapter 95
Chapter 97 →