bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 95
Psalms 95
Afrikaans 1983
1
Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind,
2
laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange,
3
want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode.
4
Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne.
5
Die see is Syne, Hy het dit gemaak; sy hande het die land gevorm.
6
Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!
7
Hy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg. As julle vandag maar na Hom wou luister:
8
“Moenie hardkoppig wees soos destyds by Meriba, soos die dag by Massa in die woestyn nie,
9
waar julle voorvaders My uitgetart en my geduld beproef het, hoewel hulle gesien het wat Ek gedoen het.
10
Veertig jaar lank het Ek 'n weersin in daardie geslag gehad, Ek het gesê: ‘Hulle is 'n moedswillige volk, hulle wil my paaie nie ken nie.’
11
Daarom het Ek in my toorn 'n eed afgelê dat hulle nooit sou uitkom by die rusplek wat Ek hulle wou gee nie.”
← Chapter 94
Chapter 96 →