bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 92
Psalms 92
Afrikaans 1983
1
'n Psalm. 'n Lied vir die sabbatdag.
2
Dit is goed om die Here te loof, om u Naam te besing, Allerhoogste,
3
om elke môre van u liefde te getuig, en elke aand van u trou,
4
om dit te doen met snaarinstrumente, met harp en lier.
5
U groot dade, Here, het my baie bly gemaak, ek wil juig oor wat U gedoen het.
6
Groots is alles wat U doen, Here, ondeurgrondelik u gedagtes.
7
Wie dit nie besef nie, is 'n dom mens, wie dit nie insien nie, is sonder verstand.
8
Al is die goddelose voorspoedig, al floreer almal wat onreg doen, hulle sal vir goed uitgewis word.
9
U regeer vir ewig, Here,
10
en dit staan vas: u vyande sal uitgedelg word, Here, almal wat onreg doen, sal vernietig word.
11
Maar vir my gee U krag soos dié van 'n buffel, U laat my 'n oorwinningsfees vier.
12
Ek kyk op my teëstanders neer, ek luister sonder vrees na die mense wat niks ontsien nie, wat in opstand teen my is.
13
Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon.
14
Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God.
15
Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees.
16
So sal blyk dat die Here regverdig is, dat daar by Hom geen onreg is nie. Hy is my rots.
← Chapter 91
Chapter 93 →