bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 79
Psalms 79
Afrikaans 1983
1
'n Psalm van Asaf. Heidene het u land binnegedring, o God, hulle het u heilige tempel ontwy en Jerusalem in puin gelê.
2
Hulle het die lyke van u dienaars aan die voëls gegee om te vreet, die vleis van u troue dienaars aan die wilde diere.
3
Hulle het die bloed van u dienaars rondom Jerusalem laat vloei soos water. Niemand het hulle begrawe nie.
4
Ons het 'n bespotting vir ons buurvolke geword, ons word gespot en uitgejou deur almal rondom ons.
5
Hoe lank sal dit nog aanhou, Here? Sal u toorn dan vir altyd duur, u woede soos 'n vuur bly brand?
6
Laat u gramskap die heidene tref: hulle dien U nie; laat dit die koninkryke tref wat u Naam nie aanroep nie.
7
Dit is hulle wat vir Jakob tot niet gemaak en sy woonplek verwoes het.
8
Moet tog nie die ongeregtighede van vorige geslagte op ons laat neerkom nie, ontferm U tog gou oor ons, want ons kragte is gedaan.
9
Help ons, o God, ons Redder, ter wille van die eer van u Naam, red ons, vergewe ons ons sondes tot die eer van u Naam.
10
Waarom moet die heidene sê: “Waar is hulle God nou?” Laat ons aanskou hoe u straf die heidene tref oor die bloed van u dienaars wat vergiet is.
11
Slaan tog ag op die gesug van die gevangenes. Red deur u groot mag dié wat met die dood bedreig word.
12
Betaal ons bure dubbel en dwars terug, Here, vir die bespotting wat U van hulle moes verduur.
13
Ons, u volk en u kudde, sal U altyd loof, van geslag tot geslag sal ons van u roemryke dade vertel.
← Chapter 78
Chapter 80 →