bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 65
Psalms 65
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.
2
Aan U, o God, kom 'n lofsang toe in Sion: geloftes moet betaal word
3
aan U wat die gebed verhoor. Na U toe sal alle mense kom
4
om hulle skuld te bely. Ons sondes het ons ingehaal, maar U maak ons daarvan vry.
5
Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies en laat naderkom om in u tempel te bly. Laat ons die goeie dinge in u huis in oorvloed geniet, die goeie dinge in u heilige woning.
6
In u trou antwoord U ons met kragtige dade, o God, ons Verlosser, op wie ook die mense in afgeleë lande en op verre seë vertrou.
7
U is met mag omgewe, U laat deur u krag die berge vas bly staan;
8
U laat die gedruis van die see, die geraas van die golwe, die rumoer van die nasies bedaar,
9
sodat ook die mense in afgeleë lande ontsag kry vir die tekens van u mag; in die ooste en in die weste laat U die mense juig.
10
U sorg vir die land en gee oorvloed, U maak dit baie vrugbaar. Die groot riviere is vol water, U laat die koring welig staan. Alles is u werk!
11
U maak die ploegvore vol water en die kluite nat, U laat hulle sag word van die reëns, U laat alles welig groei.
12
U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed!
13
Daar is volop weiding in die woestyn; die bulte juig,
14
die velde wemel van die kleinvee, die vlaktes staan vol koring; hulle juig en hulle sing.
← Chapter 64
Chapter 66 →