bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 64
Psalms 64
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.
2
Hoor my as ek kla, o God, beskerm my lewe teen die bedreiging van die vyand!
3
Bewaar my van die komplotte van kwaadwilliges, van die kwaadstokery van mense wat onreg doen,
4
wat met skerp tonge vir swaarde en giftige woorde vir pyle
5
uit hinderlae lostrek op 'n onskuldige mens. Uit die bloute trek hulle selfversekerd op hom los.
6
Hulle smee bose planne en kom ooreen om strikke te stel. Hulle dink niemand sien hulle nie.
7
Hulle beplan skelmstukke en sê: “Ons het 'n volmaakte komplot gesmee, want wat binne in 'n mens is, wat hy uitgedink het, is 'n geheim.”
8
Dan tref God hulle met 'n pyl, en meteens is hulle daarmee heen:
9
hulle eie tonge het hulle tot 'n val gebring! Elkeen wat dit sien, knik met voldoening die kop.
10
Met groot ontsag getuig almal dan van die dade van God omdat hulle insig gekry het in wat Hy doen.
11
Laat die regverdige hom in die Here verbly en sy toevlug by Hom soek, laat al die opregtes Hom prys.
← Chapter 63
Chapter 65 →