bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 62
Psalms 62
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier. 'n Belydenis. 'n Psalm van Dawid.
2
Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding.
3
Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan.
4
Hoe lank wil julle almal nog beskuldigings bly slinger en my probeer doodmaak, 'n man wat reeds is soos 'n muur wat wil omval, 'n klipmuur wat omgestoot word?
5
Hulle probeer my uitwerk; hulle skep behae in leuens; met die mond seën hulle, in die hart vervloek hulle. Sela
6
Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek.
7
Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan.
8
God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug.
9
Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons 'n toevlug. Sela
10
Mense is verganklik, mense is niks: op 'n skaal wys hulle geen gewig nie, saam is hulle minder as niks.
11
Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.
12
Een ding het ek God hoor sê, nee, twee: dat net God mag het
13
en 'n mens net op U, Here, kan vertrou, en dat U met elkeen handel volgens sy verdienste.
← Chapter 61
Chapter 63 →