bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 61
Psalms 61
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid.
2
Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed.
3
Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees.
4
U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand.
5
Laat my by U 'n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels. Sela
6
U, o God, hoor my geloftes, U vervul die wens van hulle wat u Naam eer.
7
Laat die koning lank lewe, laat sy lewensjare oor geslagte strek.
8
Mag hy sy lewe lank regeer voor God, mag u liefde en trou hom bewaar!
9
Dan sal ek u Naam altyd besing en dag na dag my geloftes betaal.
← Chapter 60
Chapter 62 →