bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 24
Psalms 24
Afrikaans 1983
1
'n Psalm van Dawid. Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here,
2
want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê en dit stewig gevestig in die waters.
3
Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan?
4
Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.
5
So iemand sal van die Here seën ontvang, en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.
6
Die mense wat na sy wil vra en Hom dien, is die geslag van Jakob. Sela
7
Verbly julle, poorte, wees bly, eeue-oue deure, want die magtige Koning wil ingaan!
8
Wie is hierdie magtige Koning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd.
9
Verbly julle, poorte, wees bly, eeue-oue deure, want die magtige Koning wil ingaan!
10
Wie is Hy, hierdie magtige Koning? Die Here, die Almagtige, Hy is die magtige Koning. Sela
← Chapter 23
Chapter 25 →