bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 23
Psalms 23
Afrikaans 1983
1
'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
2
Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.
3
Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.
4
Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
5
U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.
6
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.
← Chapter 22
Chapter 24 →